2008/05/10

1961 : Mei 10 Geskiedenis Spoor Vandag : Dekorasie van Voortreflike Diens


Mei 10
1961
Verkiesing van C.R. Swart as eerste Staatspresident van die RSA


Op hierdie dag is Charles Roberts Swart (gebore op 5 Desember 1894) as eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika verkies. Sy openbare lewe het in 1919 begin to hy organiserende sekretaris van die Nasionale Party in die Oranje-Vrystaat geword het. In 1923 het hy Volksraadslid geword, in 1948 Minister en in 1960 Goewerneur-generaal. Van 31 Mei 1961 af was hy amptelik staatspresident. In 1968 het hy afgetree en in 1972 is die Dekorasie vir Voortreflike Diens aan hom toegeken. Die amp van Staatspresident het in 1961 verskil van die van die Boererepubliek waar mense soos Paul Kruger en M.T. Steyn regerings- sowel as staatshoofde was. Hy word vir sewe jaar tydens ‘n gesamentlike sitting van die Senaat en Volksraad met ‘n meerderheid van stemme in die amp verkies en is normaalweg nie herkiesbaar nie. Hy moet die Senaat of die Volksraad ontbind, ministers op aanbeveling van die premier aanstel, eerbewyse toeken, buitelandse verteenwoordigers op aanbeveling aanstel of ontvang, die Parlement laat vergader of ontbind, staatsverdrae bekragtig, krygswet afkondig of herroep, oorlog verklaar of vrede sluit, oortreders begenadig en as simbool van die staat die belange en eer van die land dien en beskerm. Die kabinetslede vorm saam met die staatspresident die Staatspresident-in-rade, maar die staatspresident tree eintlik op volgens advies van en minstens in oorleg met die kabinetslede. Die Staatspresident-Sport-toekenning (sedert 1966) en die Staatspresident wag (sedert 1967) is van groot betekenis in ons land. Die opvolger van C.R. Swart was J.J. Fouche (April 1968 tot April 1975), dr. N. Diederichs (April 1975 tot Augustus 1978), B.J. Vorster (Okt. 1978 – Jun. 1979 en M. Viljoen (Jun. 1979). By aanvaarding van die amp lê die Staatspresident ‘n ampseed voor die Hoofregter in die teenwoordigheid van ander hooggeplaastes tydens ‘n besondere en plegtige seremonie af – gewoonlik in ‘n kerkgebou en waardeur die religieuse betekenis van gesag bevestig word. aka fak M.J.S

No comments: