2008/05/10

1853 : Mei 10 Geskiedenis Spoor Vandag : Oorlogswese


Mei 10
1853
Ds. A.P. Burger gebore


Alwyn Petrus Burger is op Montagu gebore. Saam met ds. A.P. Kriel, van Langlaagte, kan ds. Burger as die grondlegger van die inrigting sorg van die barmhartigheidsdiens van die Transvaalse NG Kerk gereken word. Op Middelburg rig hy in 1902 ‘n kinderhuis vir oorlogswese op, en as voorsitter van die Commissie voor Armblanken (1906), verrig hy belangrike dienste om verarmde landgenote te rehabiliteer. Hy sterf op 30 Oktober 1937 op Middelburg, Tvl. FAK

No comments: