2008/05/03

1933 : Mei 1 Geskiedenis Spoor Vandag : Ekonomiese Depressie


Mei 1
1933
Stigting van Spesiale Diensbataljon (SDB)


Hierdie militêre eenheid is op voorstel van kol. Sir Pierre van Ryneveld en onder beskerming van Oswald Pirow, Minister van Verdediging, in samewerking met die Departement van Arbeid, gestig om opleiding aan jong mans te verskaf wat as gevolg van die ekonomiese depressie geen geskikte werk kon vind nie. Lt. –kol George E. Brink was die stigter en eerste bevelvoerder van die bataljon. Benewens die bataljon op Roberts hoogte (vandag Voortrekkerhoogte), is daar in 1934 ook kompanies in Durban en Kaapstad gestig. Persone wat hulle opleiding voltooi het, onder wie baie Afrikanerseuns, is hoofsaaklik deur die Unie-Verdedigingsmag, die Suid-Afrikaanse Spoorweë en die Suid-Afrikaanse Polisie in diens geneem. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 is lede van die Spesiale Diensbataljon na eenhede gestuur wat versterking nodig gehad het, sodat baie van hulle in Oos-Afrika, Abessinië, die Midde-Ooste en Italië aan krygsverrigtinge deelgeneem het. Op 18 Oktober 1946 is die Spesiale Diensbataljon as eenheid van die Unie-Verdedigingsmag ontbind. Die gimnasium van die Suid-Afrikaanse Leër, lugmag en Vloot het egter uit die Spesiale Diensbataljon voortgevloei. Aka fak C.M.B

No comments: