2008/05/25

1926 : Mei 25 Geskiedenis Spoor Vandag : Die Ontwortelde Afrikaner


Mei 25
1926
Jacob Lub oorlede


Jacob Lub wat op Mei 1868 in Friesland gebore is en daar sy opleiding as onderwyser ontvang het, kom in Oktober 1892 na die Transvaal. Hy gee in Pretoria en elders onderwys. Tydens die Engelse Oorlog sluit hy by die Rooi Kruis aan. Na die vredesluiting wend hy hom weer eens na die onderwys. Hy word later ook dosent aan die Normaalskool in Johannesburg en in 1912 skoolinspekteur vir die Witwatersrand. Hy is ook skrywer. Sy werke handel oor die ontwortelde Afrikaner wat hy in die agterbuurtes van die Goudstad leer ken het. Hy het ‘n fyn oog ontwikkel vir hulle doen en late in die alledaagse lewe asook hulle taalgebruik. Sy sketse is in vyf bundels versamel: Eenvoudige manse (1908, toneel verwerking 1918), Donker Johannesburg (1910, ook in Engels vertaal), In en om die Goudstad (1912), Het zwarte gevaar (1913) en Oom Frikkie en ander sketse (1918). In 1919 verskyn daar ook ‘n bundel kinderversies. Aka fak P.J.d.B

No comments: