2008/05/25

1900 : Mei 25 Geskiedenis Spoor Vandag : Wanhoop van Boere Leiers


Mei 25
1900
Wanhoop pak Boereleiers


Die geslaagde noordwaartse opmars van die Britse magte in die Engelse Oorlog van Bloemfontein na Transvaal het wanhoop en vertwyfeling by sowel regeringslede as offisiere en baie burgers laat ontstaan, selfs by pres. Kruger en genl. Louis Botha. Daarteenoor het pres. MT. Steyn en genl. C.R. de Wet van die Vrystaat en genl. Koos de la Rey en staatsekretaris Reitz in Transvaal onwrikbaar in die Vryheidstryd gebly.

Op 25 Mei het ‘n twyfelmoedige genl. Botha by pres. Kruger op die byeenroeping van die twee Transvaalse Volksrade aangedring. Ses dae later, op 31 Mei, toe die Britse magte Johannesburg binnegaan, het die wanhoop die Transvaalse leiers opnuut beetgepak. Kruger het voortdurend met Steyn in verbinding gebly en hom meegedeel dat die Transvaalse offisiere voorwaardelik vrede wil sluit. Steyn het egter op die voortsetting van die stryd aangedring, en dat die oorlog eers op 31 Mei 1902 en nie op 31 Mei 1900 beëindig is nie, was aan Steyn te danke. FAK

No comments: