2008/05/21

1919 : Mei 21 Geskiedenis Spoor Vandag : Afrikaanssprekende boere


Mei 21
1919
Eerste uitgawe van Landbouweekblad


Die Landbouweekblad, gewilde weeklikse tydskrif vir die boer, word deur die Nasionale Pers uitgegee met hoofkantoor in Kaapstad. Die tydskrif het tot stand gekom in ‘n tyd toe die Suid-Afrikaanse boer as gevolg van droogte byna op sy knieë was en is ten volle aan die landbou toegewy. Dit word so ingeklee dat hy ‘n wye spektrum van lesers van albei geslagte en alle ouderdomme sowel op die platteland as in die stedelike gebiede bedien. Van sy eerste uitgawe, onder dr. F.B. Geldenhuys as grondliggende redakteur, het hy gegroei tot Suid-Afrika se grootste landbou-tydskrif in enige taal, met ‘n kwart miljoen lesers hoofsaaklik in die Republiek, SWA en Rhodesië, maar ook elders. Toenemend gewild as handboek van die boer en sy hele gesin, word dit vandag deur 71% van alle boere en 82% van alle Afrikaanssprekende boere in Suid-Afrika gelees. Tipografies geniet die tydskrif, wat soms meer as 200 bladsye beslaan, die beste versorging, en met sy landbou-joernalistiek, neem hy ‘n toonaangewende plek in, met nog groter moontlikhede vir die toekoms. Aka fak D.J.v.Z

No comments: