2008/05/20

1916 : Mei 20 Geskiedenis Spoor Vandag : Die arm man se universiteit


Mei 20
1916
Die Huisgenoot verskyn


Die eerste uitgawe van Die Huisgenoot, die oudste Afrikaanse weekblad, verskyn op hierdie dag. Dit was, nadat Die Burger die vorige jaar die lig gesien het, die tweede onderneming van die Nasionale Pers wat in 1915 as maatskappy geregistreer is. Die tydskrif was ‘n maandblad tot 1923 toe dit ‘n weekblad geword het. Die Huisgenoot het ‘n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die Afrikaanse kultuur en letterkunde en het seker baie daartoe bygedra om die Afrikaner te leer lees. Van die werke wat as vervolgreeks daarin verskyn het, was Uit oerwoud en vlakte van Sangiro, U dienswillige dienaar van C.J. Langenhoven en Verspeelde lente van J. van Melle. Benewens hierdie drie, is daar onder die Afrikaanse skrywers wat medewerkers was, mense soos Eugene Marais, Jan F.E. Celliers, D.F. Malherbe, Totius, C.L. Leipoldt, Toon van den Heever, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Anna M. Louw, W.A. de Klerk en Chris Barnard, en populêre skrywers soos Karl Kielblock en Kas van den Bergh. Gedurende die eerste kwarteeu van sy bestaan kon Die Huisgenoot met reg daarop aanspraak maak dat hy die arm man se universiteit was. J.P.S

No comments: