2008/05/20

1900 : Mei 20 Geskiedenis Spoor Vandag : Magte


Mei 20
1900
Slag by Scheepersnek


In hul opmars deur Natal, nadat Ladysmith op 1 Maart 1900 ontset is, sou die meeste Boere na Transvaal terugval, maar ‘n aantal burgers onder bevel van genl. Chris Botha sou na die ooste uitwyk en Buller se magte in die flank lastig val. Kol. E.C. Bethune se magte is toe gelas om die Boere in die omgewing van Nqutu, wes van Vryheid, te verdryf. Toe hy hulle nie daar aangetref nie, is verneem dat hulle hul aan die Bloedrivier, suid van Vryheid, bevind. ‘n Eskadron van Bethune se ruitery onder kapt. Goff het taamlik ver vooruitgery, maar is by Scheepersnek, ‘n moeilike deurgang, 10km suidwes van Vryheid, op 20 Mei 1900 in ‘n hinderlaag gelei. Goff en sowat 30 is gedood, 30 gewond en ses Tommies gevange geneem. Die geveg was oor voordat die hoofmag opgedaag het, maar dit het Bethune in ieder geval gedwing om na Nqutu vir voorrade terug te val voordat verder opgetree kon word. aka fak M.C.E.v.S

No comments: