2008/05/27

1906 : Mei 27 Geskiedenis Spoor Vandag : Afrikaanse Taal- en Volkskunde


27 Mei 1906
Prof. Abel Coetzee gebore


Abel Jacobus Coetzee is gebore op ‘n plaas in die distrik Lichtenburg. Na sy studiejare aan die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van Nijmegen was hy hoogleraar in Afrikaanse Taal- en Volkskunde aan die Universiteit van die Witwatersrand (1947 – 1966). As volks-, taal- en letterkundige, het hy ‘n groot bydrae gelewer op kultuurgebied. Hy het die Afrikaanse volkskunde stewig op akademiese grondslag gevestig en uitgebou. Hy was dertig jaar voorsitter van die Genootskap vir Afrikaanse Volkskunde en redakteur van die Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal (1943 – 1973). Hy was ook ‘n stigterslid van Die Afrikaanse Skrywerskring (1934) en later redakteur van Die Handhawer. Hy het hom beywer vir die Afrikaner strewe aan die Rand. Sy veelsydigheid as student, navorser, leermeester en skeppende kunstenaar het hom onderskei as ‘n merkwaardige persoon in ons volkslewe. Hy is oorlede op 19 Junie 1975. aka fak W.J.G.L

No comments: