2008/05/04

1903 : Mei 4 Geskiedenis Spoor Vandag : Afrikaanse Radiodiens


Mei 4
1903
Hendrik Susan gebore


Violis en leier van sy eie Boere-orkes. Die instelling van ‘n Afrikaanse radiodiens en die opstuwing van volksgevoel wat die Voortrekkereeufeesvierings veroorsaak het, het die behoefte aan ‘n eiesoortige musiek skerp laat toeneem. Die musiek wat op die plase en dorpe gemaak is, met ‘n sterk eie kleur en ‘n algemene styl en klank patroon, was die vanselfsprekende bron. Hendrik Susan was daardie tyd in sy fleur; hy was ‘n vaardige musikant en ‘n leier persoonlikheid wat deurdrenk was met die idioom van hierdie musiek. Hy het die standaard van die spel opgehef, ou melodieë opgediep, jong komponiste aangemoedig om nuwe melodieë te maak en die aanbiedingstyl verbeter. Met sy vaderlike goedhartigheid het hy jong musikante in sy orkes opgelei en hulle sonder afguns of argwaan vry gelaat om hulle eie orkeste te stig. So het hy vader gestaan vir ‘n hele beweging wat ‘n grondslag vir ‘n ontwikkelende ligte musiek met ‘n eie kleur daargestel het. Sy invloed duur voort. Hy is op 25 April 1963 oorlede. aka fak A.C.H

No comments: