2008/05/15

1897 : Mei 15 Geskiedenis Spoor Vandag : Optimis en Humoris

1897 : Mei 15 Geskiedenis Spoor Vandag : Optimis en Humoris

Mei 15
1873
Ds. T.C. (Oom Essie) Esterhuysen gebore


Gedurende sy lewe was hy waarskynlik die bekendste persoon onder alle bevolkingsgroepe aan die Witwatersrand. Sy regte naam was ds. (of eerw.) T.C. Esterhuysen, maar almal het hom Oom Essie genoem. Hy was ‘n Bolander op Caledon gebore, in die Paarl grootgeword en op Wellington gestudeer – maar sy lewenstaak het hy van 1921 af as sendeling aan die Rand verrig. Hy was leraar van die Kleurling-gemeente Witwatersrand, later Randse Organiserende Sending sekretaris van die NG Kerk in Suid-Transvaal. Hy het verskeie belangrike ampte beklee, o.m. die van moderator van die NG Sendingkerk van Transvaal en voorsitter van die Johannesburgse Hospitaal raad. Maar bowe-al word hy onthou as almal se vriend, as ‘n onverbeterlike optimis en humoris, as ‘n blymoedige Christenmens. Oom Essie is o[p 12 Februarie 1964 oorlede. H.C.

No comments: