2008/05/11

1897 : Mei 11 Geskiedenis Spoor Vandag : Boerneef


Mei 11
1897
Prof. I.W. van der Merwe gebore


Izak Wilhelmus van der Merwe, gebore op Boplaas, Ceres, was bestem om aan die Afrikaanse taal ‘n nuwe dimensie te besorg. Hy het die klankrykheid van sy taal ontgin soos geen Afrikaanse skrywer/digter voor hom nie. Boerneef was hartstogtelik verknog aan sy kontrei: Die Kro, die Kamdebo, Koorsteenberg en Katbakkies; Sikketaarskloof, Soebatsfontein, Speserykloof. En oor hierdie wêreld en sy mense skryf hy in die taal van die Koue Bokkeveld en die Kamdebo:

“net hierdie kaliewe woorde is pastersteek
en aksenawel goed
om oor en van en met hierdie turfsitkontrei
te PRAAT sosit HOORT”

Later word hy stedeling en nog later hoogleraar in Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is op 2 Julie 1967 op 70-jarige ouderdom oorlede, en die Hertzog-prys vir poësie in 1968 word postuum aan hom toegeken: ‘n paslike erkenning vir hierdie beskeie digter wat ons letterkunde verryk het met sy sprankelende, plooibare, eenvoudig treffende Afrikaans:

“My spel is alte nietig vir die ewigheid
klink skaars ‘n rukkie hoorbaar voor die sterf . . .”
aka fak D.J.V

No comments: