2008/05/23

1890 : Mei 23 Geskiedenis Spoor Vandag : Volksangbundel


Mei 23
1890
Stephen Eyssen gebore

Stephen Harry Eyssen was komponis, sanger, onderwysman, redaksielid van die eerste FAK-Volksangbundel en 20 jaar lank lid van die FAK se Musiek kommissie. Reeds as student in Stellenbosch het die ideaal by hom posgevat om diensbaar te wees aan die musiek en kultuurlewe van sy volk. In 1914 het hy sy bekendste werk Segelied geskep, omdat hy as gesogte sanger met ‘n mooi baritonstem, nie ‘n Afrikaanse lied van gehalte kon vind om te sing nie. In 1920 het hy ‘n studente groep op ‘n konsertreis deur die land gelei, wat die eerste keer ‘n volledige program in Afrikaans aangebied het. As skoolhoof op Heidelberg het hy in die dertigerjare ‘n leidende rol in die musieklewe van Johannesburg, Pretoria en Heidelberg gespeel, dikwels uitgesaai en ook van die eerste plate van Afrikaanse kunsliedere gemaak. Sy Bybel kantate is in 1943 geskryf ter inhuldiging van die Afrikaanse Psalm- en Gesangboek, en die koorwerk Ons Boerwording wat in die interneringskamp gekomponeer is, is in 1949 by die inwyding van die Voortrekkermonument uitgevoer. Aka fak A.C.H.

No comments: