2008/05/23

1842 : Mei 23 Geskiedenis Spoor Vandag : Congela


Mei 23
1842
Eerste skote tussen Boer en Brit in Natal


By Congella sou die Afrikaner vir die eerste keer met sy bloed sy republikeinse vryheidsideaal teen die Brit verdedig. Na die wettige grondaankoop van Dingaan vir ‘n vaste woonplek in die hartland van Natal, sy verraderlike moord op Piet Retief en sy makkers, en die vergelding by Bloedrivier op 16 Desember, sou die Trekkers, ten spyte van Britse teenkanting, al hul kragte inspan om Natalia, hul republiek, te konsolideer.

Hulle versoek om as “een vrije republiek, en onafhanklijk volk” deur Brittanje erken te word, is genegeer. Valse redes is gesoek en aangewend om weer Port Natal te beset, wat die Britse troepe reeds in 1839 om finansiële redes ontruim het. Goew. George Napier was vasbeslote om die Trekkers van ‘n vrye hawe na vreemde moondhede af te sny. Kapt. Smith is toe gelas om met 125 man oor land Part Natal te beset, wat op 4 Mei 1842 geskied, toe hy by Congela, ‘n ou wagpos van Tsjaka, kamp opslaan.

Die Volksraad was die opmars te wagte en het intussen vir Andries Pretorius gelas om met die aankoms van die Britse troepe die burgery te bewapen en te keer dat hulle na die hoof dorp, Pietermaritzburg, opruk. Proteste van die kant van die Volksraad is in die wind geslaan. Toe verskeie onderhandelinge misluk, en die Trekkers van die Engelse se vee aankeer, is daar met ‘n kanon en gewere op hul gevuur.

Die nag en volgende dag van 23 Mei 1840 het Smith egter besluit om Pretorius aan te val. Hy was hierop voorberei en ‘n hewige skermutseling het gevolg. Smith moes die aftog blaas en na sy kamp terugkeer, maar met 17 gesneuweldes. Die 31 gewondes is met groot menslikheid deur die Trekker versorg.

Die Trekkers self het twee gesneuweldes en drie gewondes getel. Pretorius het ‘n maand lank Smith se kamp beleër maar toe hulp vanweë Dick King se heldhaftige rit opdaag was die Trekkers nie teen die Britse oormag van kanonne bestand nie. Hulle het na Pietermaritzburg teruggeval, waar die Volksraad op 15 Julie 1842 ‘n formele deklarasie van onderwerping aan die Britse koningin onderteken het. aka fak M.C.E.v.S.

No comments: