2008/05/09

1883 : Mei 9 Geskiedenis Spoor Vandag : Eed


Mei 9
1883
S.J.P Kruger as Staatspresident beëdig


Stephanus Johannes Paulus Kruger is vir die eerste keer in 1883 tot Staatspresident van die ZAR verkies – met 3 431 stemme teenoor P.J. Joubert se 1 171. In Pretoria is Kruger toe op hierdie dag in 1883 beëdig. Voor die Raadzaal is ‘n verhoog opgerig wat met die Vierkleur en vlae van Nederland, Engeland en die VSA versier is. Oor Kerkstraat is ‘n ereboog gespan wat gelui het: Lank leef die President. Op Kerkplein was ‘n erewag sowel van berede as van voetsoldate. Kruger het in ‘n rytuig wat deur vier perde getrek is, by Kerkplein aangekom. Ds. H.S. Bosman het ‘n gebed gedoen, en toe het Kruger ‘n voorgeskrewe eed afgelê. Hy het onder meer hardop beloof om die volk getrou te dien, om volgens die Grondwet te regeer en om die welsyn van die publiek te bevorder. Volksraadslede, senior amptenare en ‘n groot skare het hom aangehoor toe hy hierna ook sy intreerede gelewer het. In ‘n sekere sin kan die beëdiging as ‘n openbare sitting van die Volksraad beskou word. aka fak M.J.S

No comments: