2008/05/08

1875 : Mei 8 Geskiedenis Spoor Vandag : “sier skilderkuns”


Mei 8
1875
John Thomas Baines oorlede


Sy ouers was albei skilders en Thomas leer die sier skilderkuns in Engeland. In 1842 kom hy na die Kaap en word skilder van beroep. In 1851 versoek sir Henry Somerset hom om gebeurtenisse en plekke van die Agste Grensoorlog te skilder. Hy word dus die eerste amptelike oorlog-kunstenaar van Suid-Afrika. Baie van sy oorlog sketse is artisties en histories van belang. Op sy togte het hy talle olieverfskilderye gemaak. Hy illustreer ook publikasies van sy tyd en skryf selfs sy ondervindings op. Van 1853 tot 1855 gaan hy na Brittanje, daarna na Australië en in1857 terug na Brittanje. In 1869 en 1872 onderneem hy twee ekspedisies na Matebeleland, waarvan sy dagboeke later gepubliseer is. In 1861-1862 beskryf en skets hy sy besoek aan die Victoria-waterval saam met Chapman. Met fyn waarneming van mense en plekke in die nog onbewoonde binneland toe die kamera nog nie ‘n rol gespeel het nie, het Baines daartoe bygedra om ook die Afrikaner histories bewys te maak en ‘n oog vir die natuurskoon te ontwikkel. Tientalle van sy sketse en skilderye word in Suid-Afrikaanse museums gehuisves. Aka fak P.G.N

No comments: