2008/05/30

1837 : Mei 30 Geskiedenis Spoor Vandag : Sekoekoenie-oorlog


30 Mei 1837
Genl. Nicolaas Smit gebore


Nicolaas Jacobus Smith is in die distrik Graaff-Reinet gebore, maar verhuis op driejarige ouderdom saam met sy ouers na Natal en van daar na Wes-Transvaal. Op jeugdige ouderdom neem hy as voortreflike skut aan verskeie strafekspedisies deel; hy word gewond en verloor sy gehoor en gesig aan die eenkant van sy hoof. Hy word tot veldkornet vir die wyk Mooirivier verkies, maar verhuis in 1873 na die distrik Ermelo om hom op die boerdery to te lê. In 1876 neem hy as tweede in bevel naas pres. Burgers aan die Sekoekoenie-oorlog deel. Hy behaal klinkend oorwinnings, maar die veldtog self is ‘n mislukking. Sy krygsvernuf en heldemoed sou egter eers in die Transvaalse Vryheidsoorlog tot volle ontluiking kom toe hy hom by Skuinshoogte en Amajuba onderskei. Na die oorlog word hy Volksraadlid en is lid van die Transvaalse Deputasie na Engeland om Britse susereiniteit opgehef te kry. Hy word in 1885 tot Voorsitter van die Volksraad verkies en in 1887 tot Vise-president en lid van die Uitvoerende Raad – ampte wat het met groot waardigheid tot aan sy dood op 4 April 1896 in Pretoria beklee het. aka fak M.C.E.v.S

No comments: