2008/05/30

1827 : Mei 30 Geskiedenis Spoor Vandag : Fauresmith


30 Mei 1827
Ds. A.A. Louw gebore

Andries (Andreas) Adriaan Louw, gebore in Paarl, was ‘n invloedryke leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Hy is die eerste predikant van Fauresmith (1848 tot 1867) en praeses van die stigtingsvergadering van die Sinode van die Vrystaat (1864). Uit sy huwelik met Jemima Murray kom drie vêrdere bekende leraars, A.A., A.F. en J.M. Louw. Hy sterf op 24 Junie 1908 in Paarl. E.B.

No comments: