2008/05/18

1774 : Mei 18 Geskiedenis Spoor Vandag : Klippilaar


Mei 18
1774
Van Plettenberg as Goewerneur van die Kaap beëdig


Joachim Ammema van Plettenberg is op 8 Maart 1739 gebore. In 1767 word hy aan die Kaap as fiskaal aangestel, en na die dood van Tulbagh word hy goewerneur aan die Kaap. Op 18 Mei 1774 is hy as goewerneur beëdig. Na ‘n versoek van die Oosgrensboere dat ‘n magistraatskantoor en ‘n kerk aan die oosgrens opgerig word, vertrek goew. Van Plettenberg op ‘n uitgebreide reis noord- en ooswaarts om die ver4soek te oorweeg. Op 6 November 1778 bereik hy ‘n baai digby die plaas Melkhoutkraal. Hierdie baai het voorheen verskeie name gehad. ‘n Klippilaar wat in Kaapstad gemaak is met die wapens van die Verenigde Provinsies, die monogram van die VOC, die wapen van die goewerneur en ‘n bypassende inskripsie, is deur goew. Van Plettenberg opgerig. Die baai is amptelik Plettenbergbaai gedoop, soos dit steeds heet. Hy is op 18 Augustus 1793 op Windesheim by Zwolle oorlede. aka fak P.G.N

No comments: