2008/05/03

1751 : Mei 3 Geskiedenis Spoor Vandag : Kerklike Verleentheid


Mei 3
1751
Ds. H.H. van der Veen word verbied om die kansel te bestyg


In die kerkraadsnotule van die NG gemeente Malmesbury is daar ‘n verwysing na ds. Herman Haike van der Veen wat verbied is om die kansel in hulle leraar, ds. Voltelen, se afwesigheid te bestyg. Dit is gedoen om die goeie orde ontwil en tot stigting van die gemeente. Ds. Van der Veen was eintlik op pad na Batavia en het om gesondheidsredes ‘n tydperk eers aan die Kaap oorgebly. Maar aan die Kaap was hy spoedig ‘n kerklike verleentheid, omdat hy sterk piëtistiese neigings geopenbaar en op ‘n dramatiese wyse gepreek het. Daarom is hy nie toegelaat om langer in Kaapstad te preek nie. Hy het toe ander geleenthede probeer gryp, maar sy reputasie het hom telkens gestuit. Die betrokke voorval het Van der Veen egter by elke moontlike gesagsliggaam laat beswaar aanteken, maar hy het telkens die swakste daarvan afgekom. Goew. Tulbagh het hom ten einde raad verplig om die Kaap te verlaat, maar dit was eers met bedreiging van militêre geweld dat hy inderdaad ‘n skip na Batavia gehaal het. Met sy vertrek het hy nietemin ‘n hartroerende boodskap vir ‘n dertigtal ondersteuners gelewer en hulle vermaan om in die geloof te volhard, ongeag die vervolging wat ook hulle – soos hy reeds ondervind het – kon verwag. Aka fak M.J.S

No comments: