2008/05/03

1749 : 30 April Geskiedenis Spoor Vandag : Liberale hervorming


30 April
1749
Jacob Abraham Uitenhage de Mist gebore


As regsgeleerde en lid van die Asiatiese Raad, het hy op 1 Maart 1803 as Kommissaris-generaal die bewind van Kaap die Goeie Hoop oorgeneem. Liberale hervorming wat hy geproklameer het, sluit o.m. in: ‘n sentrale regering beliggaam in die Politieke Raad, ‘n Rekenkamer, Boedelkamer en Raad van Justisie; leningsbanke is georganiseer; vryhandel is bevorder; ‘n gemeenteraad (stadsraad) vir Kaapstad is ingestel; die Kerkorde van 25.7.1804 het Kerk en Staat geskei, maar die oppergesag van die Staat is gehandhaaf; met die Skoolorde van 11.9.1804 is die regstreekse invloed van die Kerk uitgeskakel en is sekulêre onderwys onder staatsbeheer geplaas; nasionaal-gerigte onderwys is bevorder; die buite distrikte se geregtelike en politieke bestuur is ingrypend en doeltreffend gewysig: die landdrosdistrikte Uitenhage en Tulbagh is gestig, die landdroste en heemrade se funksies is omskrywe, die finansiële administrasie is doeltreffender gereël, grondbesit en die leningsplaas stelsel is verbeter, veldkornette se gesag is uitgebrei en elke Drostdy het kommissarisse vir huweliksake gekry; die afskaffing van die Hottentot korps is oorweeg omdat dit ondoeltreffend was; ‘n stelsel van vrye arbeids kontrakte vir Hottentotte by koloniste is ingestel; goedgekeurde sendinggenootskappe is toegelaat om met die ondersteuning en onder toesig van die owerheid te arbei; koloniste en nie-blanke stamme aan die Oos-grens is geskei; nie-blanke kapteins se seuns sou elementêre landbouonderrig ontvang om die beskawing onder die nie-blanke stamme te bevorder. De Mist het in Februarie 1805 die Kaap verlaat en na Nederland teruggekeer, waar hy op 3 Oktober 1823 oorlede is. P.S.d.J

No comments: