2008/05/12

1652 : Mei 12 Geskiedenis Spoor Vandag : Strenge Godsdienssin


Mei 12
1652
Eerste Nagmaalsviering in die gemeente van Kaapstad


Op hierdie dag is die eerste Nagmaal aan die Kaap gevier. Jan van Riebeeck se dagregister vertel soos volg oor hierdie geleentheid: “… is alhier in’t noch onvolmaeckte fortjen staende, door Domine Backerius, predikant per den Walvis hier gecomen, d’eerst5e predicatie gedaen, ende het avondmael des Heeren gecelebreert.” Hierdie geleentheid wys reeds daarop dat die Nagmaal vir die wordende volk altyd van groot belang sou wees. Die Afrikaner het altyd alles in sy vermoë gedoen om geen Nagmaalsviering mis te loop nie. dit was, benewens ‘n kerklike viering, ook ‘n belangrike sosiale geleentheid, veral later in die afgesonderde binneland. Jan van Riebeeck versuim ook nie om die eerste geleentheid waar ‘n predikant die jong gemeente besoek, te benut vir die bediening van die Nagmaal nie. Reeds hiervandaan spruit die strenge godsdienssin van die Afrikaner wat later in die binneland vir hom as rigsnoer sou dien. Aka fak P.G.N

No comments: