2008/04/04

1978: 4 April Geskiedenis Spoor Vandag : Oorlogsmuseum


1978
B.H.J. van Rensburg oorlede


Barend Hendrik Janse van Rensburg is op 9 Maart 1898 op Cradock gebore. Hy is kort na sy aanstelling as deeltydse sekretaris en penningmeester van die Nasionale Vrouemonument kommissie in 1929 deur die kommissie gevra om ‘n museum vir oudhede uit die Engelse Oorlog by die Vrouemonument tot stand te bring. Hy het die uitdaging met groot geesdrif aanvaar, en op 30 September 1931 is die Oorlogsmuseum amptelik deur genl. J.B.M. Hertzog geopen. In 1947 het hy sy redaksiepos by Die Volksblad neergelê en hom heeltyds aan sy taak by die museum gewy. Met sy afskeid in Mei 1969, het oud-president C.R. Swart gesê: “Deur baie moeilike omstandighede heen het Ben van Rensburg vir sy volk ‘n grootse monument gebou waarvoor sy volk vir hom sê: Baie dankie!” aka fak O.J.O.F

No comments: