2008/04/23

1954 : 23 April Geskiedenis Spoor Vandag : Afrikaans-Deutsche Kultuurgemeinschaft


23 April
1954
Afrikaans-Duitse Kultuur unie (ADK) gestig


Afrikaans-Duitse Kultuur unie (Afrikaans-Deutsche Kultuurgemeinschaft) is in Pretoria deur ‘n groep Afrikaans- en Duitssprekende akademici gestig as opvolger van ‘n soortgelyke organisasie wat in die jare dertig ontstaan, maar in die moeilike oorlogs jare (1939 tot 1945) ‘n natuurlike dood gesterf het. Dit is ‘n landwye organisasie, met takke in al die groter sentra, wat die versterking en bevordering van die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en die Duitssprekende lande van Wes-Europa deur die enersydse verspreiding van kennis van die lande se kultuur, kuns, wetenskap en letterkunde ten doel het. In Duitsland bestaan eweneens die Deutsh-Sudafrikaansche Geselschaft en ‘n aantal vriendskap verenigings (Kreise) in verskillende Duitse stede. Hierdie soort liggame help om die Afrikaner se oog op die Europese vasteland gerig te hou sodat hy nie nog vinniger op die Anglo-Amerikaanse en dus nie-Dietse glybaan voortspoel nie. FAK

No comments: