2008/04/11

1916: 11 April Geskiedenis Spoor Vandag : Willem van der Berg


11 April
1916
Willem van der Berg gebore


Hy was een van Afrikaans se begaafste en veelsydigste prosaïste. Tog het hy weinig gehalte wat hy binne ‘n skrale ses jaar onder die moeilikste omstandighede gelewer het. Sy eerste roman, Reisigers na nêrens (1946), is ‘n hoogtepunt in die Afrikaanse romankuns. Dit was nie net ons eerste belangrike moderne stadsroman nie, maar ook waarskynlik die beginpunt van die vernuwing in ons prosa. Met sy bundels soos Solitêrspel by kerslig (1949) en Die asvaal ou Karoo (1951) het hy ook ‘n nuwe dimensie aan die Afrikaanse kortverhaal en essay verleen. Daarbenewens het hy tientalle ontspanningsverhale onder verskeie skuilname geskryf. In sy beroep het hy ook snelle vordering getoon. Toe hy op 34 weens swak gesondheid moet uittree, was hy al uniale hoof van die SAUK se Afrikaanse programme. Op jeugdige ouderdom van 36 is hy na swaar lyding op 19 Junie 1952 oorlede. Aka fak H.J.E

No comments: