2008/04/23

1900 : 23 April Geskiedenis Spoor Vandag : Sending buite Afrika


23 April
1900
A.J.K. de Klerk gebore


Abraham Jacobus Kotze de Klerk is op Garies gebore en het vroeg in sy lewe reeds die begeerte gekoester om sendeling te word. Na sy studie aan die Sending instituut van die NG Kerk op Wellington vertrek hy in 1925 as sendeling in diens van die Presbiteriaanse Kerk na Ceylon, waar die Gereformeerde Kerk sedert die Nederlandse tydperk reeds van die sewentiende eeu af gevestig was. Die kerk het weer sterk onder die aandag gekom deur die verblyf van die Boerekrygsgevangenes op Ceylon. Op 21 Mei 1925 word hy in die Wolvendalkerk georden. Sy werk was die enigste sendingwerk names die NG Kerk buite Afrika, maar was van korte duur toe hy op 15 Mei 1927 in Colombo, Ceylon, aan longontsteking beswyk kort voordat hy na Suid-Afrika sou terugkeer. FAK

No comments: