2008/04/23

1886 : 23 April Geskiedenis Spoor Vandag : “Ark van die kerk”


23 April
1886
Die Ned. Hervormde Konsulentsgemeente weier om te verenig

Op hierdie dag het die Kerkraad van die Ned. Hervormde Gemeente van die distrik Pretoria onder konsulentskap van ds. G.W. Smits te Witfontein weer eens en finaal besluit om nie deel te neem nie aan die kerkvereniging waartoe die Algemene Kerkvergaderings van die Ned. Hervormde en NG Kerke in die ou ZAR besluit het nie. Met hierdie besluit het die gemeente ‘n voorbeeld en toevlugsoord geword vir alle Hervormde lidmate wat nie die kerk van hulle vaders wou verlaat om ‘n nuwe, verenigde kerk te vorm nie. As wettige voortsetting van die Ned. Hervormde Kerk is die gemeente in daardie dae dikwels die ark van die kerk genoem. In die bekende Kerksaak van Trichardtsfontein het die Hooggeregshof in 1893 bevind dat die kerkvereniging van 1885 ultra vires en dus nietig was. So is die standpunt van die Konsulentsgemeente, by implikasie, volkome geregverdig. A.D.P

No comments: