2008/04/13

1897 : 13 April Geskiedenis Spoor Vandag : Alombekende kerkman van volksleier


13 April
1897
Dr. A.J. van der Merwe gebore


Abraham Johannes van der Merwe is in die distrik Calvinia gebore. By sy aftrede was die kerkman en volksleier, dr. A.J., alombekend. Aan die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad het hy die graad MA met lof behaal en die Jameson-beurs vir buitelandse studie ontvang. Nadat hy sy opleiding as predikant an die Nederduitse Gereformeerde Kerk aan die Teologiese Seminarium, Stellenbosch, met lof afgelê het, sit hy sy teologiese studie in Utrecht voort en doktoreer aldaar. Vanaf 1926 is hy 40 jaar lank leraar van die Groote Kerk, Kaapstad. Naas dr. Andrew Murray, is hy die jongste predikant wat Moderator van die Sinode van Kaapland word in 1945. Vyf keer agtereenvolgens is hy as sodanig verkies. In 1962 is hy tot die eerste Moderator van die Algemene Sinode van sy kerk verkies. Hy neem ook leiding in die samelewing en word aangewys as voorsitter van die Van Riebeeck feeskomitee by die derde eeufees in 1952. Met sy taktvolle en bekwame leiding, was hy hooggeag. ‘n Geruime tyd was hy lid van die raad van die Universiteit van Kaapstad. Van laasgenoemde universiteit sowel as van drie ander, Amsterdam, Stellenbosch en Rhodes, het hy ere-doktorsgrade ontvang. Hy sterf op 23 April 1978. aka fak E.B

No comments: