2008/04/07

1867: 7 April Geskiedenis Spoor Vandag : Oerder

1867
F. Oerder gebore


Frans Oerder is in Rotterdam gebore en kom in 1890 as jong kunstenaar na die ZAR, waar hy onder uiters moeilike omstandighede ‘n bestaan moes maak. Hy het hom heeltemal met sy nuwe vaderland vereenselwig, want by die uitbreek van die Engelse Oorlog sluit hy hom by die Boerekommando’s aan. Sy sketse van Boere-tipes en Boere-aktiwiteite te velde, is van ons seldsaamste en kosbaarste Africana. Dit lewer tegelykertyd blyk van ‘n suiwer waarnemingsvermoë en groot teken talent. Oerder het ook die Suid-Afrikaanse landskap leer ken, en dit is merkwaardig hoe ‘n Europees-geskoolde kunstenaar die gees van die Suid-Afrikaanse landskap kon begryp en so treffend kon weergee. Daardeur het hy die grondslag vir ‘n egte Suid-Afrikaanse landskap skilderkuns gelê. Deur sy blom studies, stillewens en portrette het hy egter ook groot bekendheid verwerf. Sy realistiese kuns het baie bygedra tot die begrip en waardering van die skilderkuns by die Afrikaner. Hy is op 15 Julie 1944 in Pretoria oorlede. Aka fak J.C.P

No comments: