2008/04/06

1846 : 6 April : Geskiedenis Spoor Vandag : Die Gesteelde Byl


1846
Oorlog Ontstaan Oor ‘n Byl : Die Oosgrens in Beroering


Die oorlog tussen Bantoe en witman aan die oosgrens, wat party waarnemers reeds ses maande gelede as onvermydelik beskou het, is aan die gang. Goewerneur Peregrine Maitland het aan kolonel Hare opdrag gegee om Kafferland binne te trek, aangesien Sandili se volgelinge Hare se landmeters gedwing het om hul werk by Block Drift te staak en daarna ook geweier het om die moordenaars van die Hottentot wat aan Kleintjie geboei was, uit te lewer. Kleintjie was die naam van die Kôsa wat op 16 Maart ‘n byl in Beaufort-Wes gesteel het. Hy is gevang en saam met ‘n paar ander prisoniers na Grahamstad gestuur om daar voor die magistraat te verskyn. Op pad soontoe het sy vriende hom bevry, maar die Hottentot aan wie hy met handboeie vasgemaak was, vermoor. In die stryd is Kleintjie se broer doodgeskiet en die Kaffers het beweer dat sy dood opweeg teen die dood van die Hottentot. Aangesien Maitland nie tevrede was met hierdie antwoord nie, het hy kolonel Hare oor die grens gestuur om die misdadigers te gaan haal. Ervare grensbewoners sê dat glad te min voorbereidings getref is om teen die Bantoe op te trek. Wel is die burgers op kommandodiens uitgeroep, maar wanneer hulle Kafferland binnetrek, bly hul plase sonder beskerming agter. Geen wonder dat daar sprake is van paniek op die oosgrens nie.

No comments: