2008/04/11

1838: 11 April Geskiedenis Spoor Vandag : Piet Uys


11 April
1838
Piet Uys sneuwel


Petrus Lafras (Piet) Uys, Voortrekker held, is op 10 Julie 1797 op Potteberg, Swellendam, gebore. In September 1834 is hy die leier van ‘n geselskap van twintig wat as gesante van die inwoners van Albanië en Uitenhage die moontlikheid om na Natal te emigreer, ondersoek. Hulle het tot aan die Tugelarivier gereis en in Maart 1835 met ‘n gunstige rapport teruggekeer. Hierna het die Sesde Grensoorlog uitgebreek, waarna Uys en ander Trekkers onder leiding van sy vader, Jacobus Uys, uit die Kaapkolonie emigreer. Saam met Andries Hendrik Potgieter en Gerhardus Marthinus Maritz, trek Piet Uys in November 1837 te velde teen die Matebele in Transvaal en behaal ‘n groot oorwinning. In Februarie 1838 word die Natalse Trekleier, Pieter Retief, vermoor deur Zoeloes, wat daarna op die treklaers toeslaan. Leierloos nader hierdie mense Uys en Potgieter om hulp, Hulle trek op teen die Zoeloes, maar Uys en sy mense word by Italeni in ‘n lokval gelei, waar Piet, sy dapper seun Dirkie, en agt ander mans sneuwel. Aka fak Dok D, SAW

No comments: