2008/04/11

1837: 11 April Geskiedenis Spoor Vandag : George McCall Theal


11 April
1837
George McCall Theal gebore


Die Kanadees-gebore George McCall Theal, is na vele omswerwinge as eerste argivaris en in 1891 ook as koloniale geskiedskrywer deur die Kaapse regering aangestel. Hy versamel en publiseer baie dokumente oor die vroegste geskiedenis van Suid-Afrika en is ‘n baanbreker-skrywer van die geskiedenis van Suid-Afrika. Hy ster of 17 April 1919 in Wynberg, Kaapstad. Sy navorsing oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis het kennis aangaande die inheemse verlede, veral van die Afrikaner, sterk onder die aandag gebring. Daarmee is die oordrewe klem op en gevoel vir die Britse geskiedenis in Suid-Afrika ietwat aan bande gelê. aka fak J.S.d.P

No comments: