2008/04/15

1834 : 15 April Geskiedenis Spoor Vandag : T.F. Burgers



15 April
1834
T.F. Burgers gebore

Thomas Francois Burgers is op Langfontein, Graaf-Reinet, gebore. Na sy skoolloopbaan op Graaff-Reinet, universiteitstudie in Nederland (1853 tot 1858) en predikantskap op Hanover (waartydens hy in ‘n kerkstryd en hofsake betrokke geraak het), is hy in 1872 verkies tot Staatspresident van die ZAR. Deur die invoer van Hollandse amptenare, knap hy die agterlike landsadministrasie op, verbeter hy die staatsfinansies, beywer hy hom om die berugte Keate-uitspraak ongedaan te kry, die onderwys op ‘n gesonde grondslag te plaas, die mineralerykdom te ontwikkel en ‘n spoorweg na Delagoabaai te bou. Sy belangstelling in die verbetering van die kulturele lewe van die ZAR deur die totstandbringing van biblioteke, literêre en natuurwetenskaplike verenigings, museums, dorps parke, botanies tuine en die verkryging van ‘n volkslied en koerant was prysenswaardig. Met die hysing van die Britse vlag in Pretoria op 12 April 1877, bewerkstellig deur verraad en interne twiste, gaan die ZAR tydelik ook in Britse beheer en kom die Burgers-bewind tot ‘n einde. Hy keer terug na die Karoo, waar hy op 9 Desember 1881 in Richmond sterf. H.M.R

No comments: