2008/04/16

1745 : 16 April Geskiedenis Spoor Vandag : Van Jaarsveld Opstand


16 April
1745
Adriaan van Jaarsveld gebore


Die Oos-Kaapse verset figuur, Adriaan van Jaarsveld, is op 16 April 1745 op die plaas De Kromme Rivier in die huidige distrik Piketberg gebore. Hy onderskei hom sedert 1771 as ‘n dapper krygsoffisier in die lang stryd teen die Boesmans en die Kôsas en tree na vore as ‘n leiersfiguur in die grens distrikte. Van Jaarsveld vestig hom in 1785 in die nuwe distrik Graaff-Reinet, en in Februarie 1795 dwing hy en ander leidende burgers vir Maynier, wat as landdros ongewild was omdat hy ‘n beleid van swakheid teenoor die Kôsas volg, om te bedank. As voorsitter van die krygsraad speel Van Jaarsveld ‘n belangrike rol in die nuwe burger bestuur. Die verset van Graaff-Reinet teen die nuwe Britse bestuur (1795) het in 1799 tot openlike opstand oorgegaan toe Van Jaarsveld weens vervalsing gearresteer word. Die sogenaamde Van Jaarsveld opstand word egter gou onderdruk. En op 29 Junie 1801 sterf Van Jaarsveld as gevangene in die Kasteel, Kaapstad. H.O.T

No comments: