2008/03/27

Maart 27 Geskiedenis Vandag 1690, 1894, March, 27 History Today

27 Maart
1690
Kaap Koop Natal Vir Krale En Ringe
Maar Kontrak Gaan Met Skip Verlore
Kasteel Die Goeie Hoop

Vandag het Theunis van der Schelling en drie van sy maters uitgeput en seervoet in die Kaap teruggekom. Hulle het dadelik na die kasteel gegaan en aan Simon van der Stel berig dat hulle die enigste oorlewendes is van die galjoot De Noord wat op 28 Oktober 1689 uitgeseil het. “Ons was op 9 Desember in die baai van Natal,” het stuurman Van der Schelling gesê. Daar het ons nog drie skipbreukelinge van die Stavenisse gevind. Ons het ook ons opdrag om die baai te koop uitgevoer. Laurens van Swaanswyk het die kontrak geskrywe, die Bantoe kaptein het sy merk daarop gemaak en ons het hom krale, plaatkoper, ysterdraad en ringe in ruil daarvoor gegee. Ons het voor ons vertrek ook oral die bakens van die Kompanjie opgerig.

“Op 15 Januarie het ons Bahia de Lagoa bereik. ‘n Hard wind het gewaai en die baai was soos ‘n onstuimige see. Skipper Pieter Timmerman het besluit om dadelik te vertrek. Ons het gemeen ons is reeds ver uit in die see toe ons op die 16de plotseling omtrent 24 kilometers van Kaap St. Francis gestrand het. Daar was agtien van ons en ons het almal die land bereik. Op 23 Januarie het ons besluit om Kaap toe te loop. Ons vier het vinniger geloop as die ander.

Kaptein Klaas het ons vriendelik behandel, maar die Bossiemans (Boesmans) het baie las gegee.” Op Van der Stel se vraag of hulle dan niks uit die wrak van De Noord gered het nie moes stuurman Theunis toegee dat die koopkontrak in die golwe verdwyn het.

27 Maart
1894
H.W.A. Cooper (Samuel Zwaartman) oorlede

Henry William Alexander Cooper is in 1842 in Rondebosch gebore as seun van Engelse immigrante. Hy gaan in Kaapstad skool en gee later onderwys op Plettenbergbaai, Knysna en Oudtshoorn. In 1866 vestig hy hom as wetsagent op Fraserburg, waarvandaan hy tussen 13 Januarie 1870 en 26 Mei 1873 in Afrikaans 25 Boerenbrieven uit Fraserburg aan Het Volksblad skrywe onder die skuilnaam Samuel Zwaartman. Hierdie briewe het op informele, geselsende en vrolike wyse die skindernuus uit Fraserburg bekend gemaak. Met sy Boerenbrieven het Cooper ‘n onbewuste baanbreker vir die Afrikaanse taal geword. In 1871 verskyn sy Kaapsche Schetsen ook in Het Volksblad in Afrikaans. Ook daarmee bewys hy onbewys aan die Afrikaner dat sy spreektaal ook skryftaal en joernalistiek taal kan word. In 1873 word Cooper prokureur in die ZAR, en in 1874 gaan hy na Lydenburg as landdros op die goudve3lde. Na die anneksasie van Transvaal in 1877 word Cooper advokaat in Pretoria, waar hy later as lid van die firma Cooper en Scholtz ‘n bydrae tot die maatskappyreg lewer. In opdrag van die Transvaalse regering is hy ten behoewe van die NZASM-spoorlyn na Londen en Lissabon, waar hy in 1894 oorlede is. aka fak P.G.N.