2008/02/07

Februarie 7

1723:
Paul Roux oorlede


Dit is die sterfdag van die voorleser en skoolmeester van die Franse gemeenskap in Drakenstein, Paul Roux. Na die vertrek van ds. Pierre Simond in 1702 was dit maar eintlik Roux, wat met sy gereelde kerkdiens die Franse gemeenskap geestelik versorg het en deur sy onderwys, die opkomende geslag met die ou moedertaal vertroud gemaak het. aka fak P.B. v.d. W.

1862
C.W.H. Köhler gebore

Charles William Henry Köhler is op Calvina gebore. Na sy skoolopleiding in Kaapstad het hy as tandarts gepraktiseer, maar met die ontdekking van goud verhuis hy in 1886 na die Witwatersrand, waar hy betrokke was by die stigting van verskeie suksesvolle mynmaatskappye. Na ‘n besoek aan Europa en Amerika in 1889, het hy hom gevestig op die plaas Riverside, naby Simondium. As boer het Köhler hom deur twee beginsels laat lei – enersyds dat slegs produkte van gehalte verseker is van ‘n toekoms, en andersyds dat die swak ekonomiese posisie van die wynboere alleen opgelos kan word deur doeltreffende organisasie. Plaaslik neem hy spoedig die leiding in die georganiseerde landbou deurdat hy eers tot sekretaris en later tot voorsitter van die Paarlse Boerevereniging gekies word. Gedurende 1909 het Köhler in verset gekom teen die hoë aksyns-en beperkende wetgewing met betrekking tot die wynbedryf. Na ‘n mislukte poging op 14 April 1909, om deur middel van ‘n straat optog na die Parlementsgebou in Kaapstad die wynboere se ontevredenheid onder die aandag van John X. Merriman te bring, word die Wynhandelaars- en Wyn boerevereniging van die Kaap gestig, met Köhler as voorsitter. Hierdie vereniging, gestig met die doel om die pryse van wyn en brandewyn vas te stel en in die algemeen die belange van die wynbedryf te bevorder, misluk egter vanweë interne verdeeldheid. Daarna begin Köhler die gedagte van koöperasie bepleit, en dit loop uit op die stigting van die Ko-operatiewe Wifjnbouwers Vereniging van ZA Bpkt. (KWV) in 1918, met Köhler as eerste voorsitter. Tesame met ander sou hy hom suksesvol beywer om die ekonomiese posisie van die wynboere te verbeter. Hy is op 6 Februarie 1952 op Vishoek oorlede. Aka fak G.J.J
1907
Danie Bosman gebore

Daniël Ferdinand Bosman was komponis van sommige van die bekendste Afrikaanse liedjies. Hy was ‘n ouditeur in die Staatsdiens en goed bevriend met Anton de Waal, later vir die publikasie van die meeste van sy lieder gesorg het. Danie Bosman was ‘n baanbreker wat vir die Afrikaner ‘n vastrapplek in die wêreld van ligte musiek gegee het. Sy besondere gawe vir mooi melodieë het daarvoor gesorg dat sy liedere steeds hulle gewildheid behou. ‘n Rolprent is oor sy lewe gemaak. Die FAK het die premiere van die rolprent oor sy lewe aangebied. Hy is op 27 Mei 1946 in Muizenberg, sy lewe aangebied. Hy is op 27 Mei 1946 in Muizenberg, Kaap, oorlede. Aka fak A.C.H


Genl. De Wet Rus aan die voet van die Monument
Bloemfontein
1922

‘n Skare van tienduisende volksgenote het vandag die laaste hulde gebring aan genl. Christiaan de Wet. ‘n Begrafnisstoet wat twee myl lank was, het die stoflike oorskot van die ontslapene van die kerk na sy laaste rusplaas aan die voet van die Vrouemonument gebring. Waar eenmaal sy welluidende stem sy volk vermaan het om te werk terwyl dit dag is, rus nou die troue dienskneg aan die sy van sy vriend, president Marthinus Theunis Steyn. Onder die reusagtige blommehulde was een van die kranse opgedra “Aan genl. De Wet, die Inspirasie van Jong Suid-Afrika”.

No comments: