2008/02/29

Februarie 29

1684
Goew. Simon van der Stel se koper ekspedisie op reis


Gerugte van ryk kopermyne in die binneland het goew. Simon van der Stel van tyd tot tyd bereik. As handelsliggaam het die VOC sterk daarop aangedring dat waardevolle minerale in sy kolonies ontgin moet word. Toe ‘n aantal Manakwas op ‘n dag by die Kasteel opdaag sonder koper, het die goewerneur besluit om Isaak Schrijver met 15 soldate en drie mynwerkers saam met hulle na die noorde te stuur om na die kopermyne te soek. Simon van der Stel kon op daardie oomblik sekerlik nie besef het watter fabelagtige ryk minerale bronne in die binneland van Suid-Afrika op ontginning gewag het en watter geweldige invloed dit op die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis sou hê nie.

1752
Ekspedisie van August Friederich Beutler verlaat die kasteel

In opdrag van goew. Tulbagh, wat graag meer besondere inligting oor die uitgestrekte Oos-Kaapse binneland wou bekom, het ‘n groep land toggangers onder aanvoering van Beutler op hierdie dag van die Kasteel vertrek. Altesaam 71 mense en elf waens het die destydse bekende trekroete tot by Mosselbaai gevolg. Daarvandaan het hulle deur Attakwaskloof deur die Langeberge, ooswaarts met Langkloof langs en verder in ‘n noordoostelike rigting tot oos van die Keirivier gereis. Eers na ongeveer agt maande was die ekspedisie by die Kasteel terug. Deur die tog is die bekende maar vae inligting oor hierdie gebied deur juister waarnemings vervang. Voorts het hierdie reis die aandag sowel van die voorttrekkende veeboer pionier as van die owerheid op Attakwaskloof as natuurlike roete oor die Langeberge gevestig. Langkloof is nie slegs as hoof toegangsroete tot die Oos-Kaapse streke oopgestel nie, maar dit het as ‘n belangrike vestiging streek vir die Afrikaner in sy wording en vir sy nageslag gedien. Aka fak A.A

No comments: