1839
J.H. Hatting gebore
Jacobus Hendrik Hatting verlaat die Kaapkolonie in 1836 saam met die Groot Trek. Hy neem deel aan die Slag by Bloedrivier, waarna hy hom in 1838 op die plaas Dageraad in die distrik Utrecht vestig. Hatting het in 1893 sy Groot Trek herinneringe, onder meer sy deel name aan die Slag by Bloedrivier en die beleg van Port Natal (1842), opgeteken in die boekie, De Geschiedenis van de Hollandsch-Afrikaansche Boeren vanaf hun vertrek uit die Kaapkolonie tot op die aftreding van president Burgers. In 1896 het hy die grafte van Piet Retief en sy geselskap aangedui. Hy is op 18 Junie 1897 op sy plaas oorlede. Aka fak C.M.B.
1839
Uitleg van die derde Voortrekker dorp, Pietermaritzburg
Die regulasies vir die uitleg van die derde Voortrekker dorp, Pietermaritzburg – die eerste in Natal – is op hierdie dag in 1839 gedateer. Dit was digby die laer van kmdt. Greyling, en het in Oktober 1838 reeds besluit dat ‘n dorp op daardie plek aangelê moet word. Dit is ter herinnering van Pieter Retief en Gerrit Maritz as Natalse Trekkers so genoem. Vroeër was dit as Stinkhout rand bekend. Die inwoners het besonder spoedig tuin gemaak en water verskaf en ook huise in onder meer Kerk-, Berg- en Retief straat gebou. Dit was ‘n welkome verandering na al die maande waarin die Natallers in walaers moes leef en na die ellende van die hele 1838 en na die eerste onsekerheid vandat Dingaan in Desember 1838 volledig verslaan is. aka fak M.J.S.
1883
Die Konvensie van Pretoria
Tydens die verkiesings wat op 15 Februarie Stephanus Johannes Paulus Krüger met ‘n meerderheid van 1,260 stemme tot staatspresident van die Suid-Afrikaanse Republiek aangewys het, is daar meermale verwys na die onbevredigende toestand van sake wat deur die Konvensie van Pretoria teweeggebring is. Dit is bekend dat ook Paul Krüger die konvensie afgekeur en slegs onderteken het omdat hy dit as politieke noodsaak beskou het. Die burgers vertrou egter dat hul nuut gekose president alles in die werk sal stel om die volkome onafhanklikheid van die Republiek te verseker.
Uit die staanspoor het die ooreenkoms, of verdrag, wat op 3 Augustus 1881 onderteken is, en bekend staan as die Konvensie van Pretoria, algemene misnoeë gewek. Na die wapenstilstand en vrede van Maart 1881 het die Boere-driemanskap die lede van die koninklike kommissie by Newcastle in Natal ontmoet. Die nuwe hoë kommissaris, sir Hercules Robinson, die hoof van die Britse leërs, sir Evelyn Wood, en die bekende hoofregter, sir Henry de Villiers, het as lede van die koninklike kommissie egter nie die finale seggenskap gehad nie, maar moes gedurig met die sekretaris van kolonies, lord Kimberley, in voeling bly.
Veral die aanhef van die konvensie, waarin bepaal is dat selfbestuur onderwerp moet word aan haar Britse majesteit en haar erfgename en opvolgers, het die gemoedere gaande gemaak. Die Boere het tereg daarop gewys dat hulle by die tydelike vredesonderhandelinge ooreengekom het dat hulle geen stappe kan neem teen buitelandse moondhede sonder toestemming van die soeserein nie. Hul reg om eers te onderhandel met buitelandse moondhede, het hulle nie in twyfel getrek nie. Uit die samesprekinge met die lede van die koninklike kommissie het egter geblyk dat die betekenis wat die Engelse aan die begrip van soesereiniteit geheg het, van baie uitgebreider aard was en dat hulle geen onderhandeling met enige buitelandse staat of naturelle stam in Suid-Afrika kon aanknoop, sonder goedkeuring van die Britse resident nie. Wat die naturelle binne hulle grense betref, is die reg hulle ook ontneem om na eie insig te handel.
Die praktiese toepassing van die konvensie het spoedig bewys dat die toestand wat deur baie van die bepalinge geskep is, onhoudbaar is. Die Boere het bly sit met ‘n groot staatskuld waarvoor hulle slegs ten dele verantwoordelik was. Daar is geen sprake van algehele vryheid van binnelandse bestuur nie. Bepalinge soos die wat slawerny, of ‘n inboekstelsel wat na slawerny lyk, verbied, word deur die Boere as regstreeks beledigend beskou, omdat dit die skyn verwek dat daar vroeër slawerny in hul Republiek toegelaat is. Ten slotte het die konvensie van Pretoria die moeilikhede van die grensgebiede vermenigvuldig. Noudat Paul Kruger president geword het, is almal oortuig dat aan hierdie onhoudbare toestand spoedig ‘n end gemaak sal word.
1976
Eerste studente vir die nagraadse diploma in Museumkunde aan die Universiteit van Pretoria geregistreer
Die Raad van die Universiteit van Pretoria en die Departement Nasionale Opvoeding het die instelling van ‘n nagraadse diploma kursus in Museumkunde aan die Universiteit goedgekeur met ingang van 1976. Dit was die verwesenliking van ‘n ideaal wat lank reeds deur kultuurleiers gekoester is. In die lig van die toenemende belangstelling in en die uitbreiding van die museumwese dwarsdeur die land, en ook die oplewering in bewaringsbewuste wat tans oral sigbaar word, was dit inderdaad ‘n voorwaartse stap om te verseker dat die natuur-, kuns- en kultuurhistoriese erfenis van die volk deur opgeleide en akademies geskoolde museumkundiges op wetenskaplike wyse vir die nageslag bewaar word. Aka fak P.J.d.B.

No comments:
Post a Comment