2008/02/14

14 Februarie

1840
Natal tot Voortrekkerrepubliek geproklameer

Pas nadat Dingaan verslaan en Mpande tot koning van die Zoeloes verklaar was, is Natal op 14 Februarie 1840 tot Voortrekkerrepubliek geproklameer. Dit het naby die berig Ntabankulu plaasgevind nadat Andries Pretorius en sy kommando die vorige dag van die Swart Mfolozi af op die eerste skof van die terugtog na Pietermaritzburg vertrek het. Benewens die grond wat Piet Retief bekom het, het Pretorius ook die gebied tussen die Tugela en die Swart Mfolozi geannekseer om te vergoed vir die sowat R18 390 wat die stryd teen Dingaan die Trekkers gekos het. In opdrag van die Volksraad, dat hy na die oorwinning oor Dingaan “de baken moeten steken”, het Pretorius in sy proklamasie van 14 Februarie 1840 die grense van die Voortrekkerrepubliek omskryf as die Umzimvubu in die suide, die Swart Mfolozi (insluitend St. Luciabaai) in die noorde en die see in die ooste. Die wesgrens is nie vermeld nie. aka fak A.J.v.W.

No comments: