2008/01/08

Januarie 8

1594
W.G. de Jongh gebore

Wollebrand Geleijez de Jongh was ook as Wollebrant Geleynsen bekend. As weeskind het hy uit sy tehuis ontsnap en in diens van die VOC getree. Hy het vinnig en goed gevorder. In die Ooste het hy as amptenaar skatryk geword. Gedurende Maart 1648 het hy as amptenaar skatryk geword. Gedurende Maart 1648 het hy as kommandeur aan die hoof van ‘n retoervloot van twaalf skepe met 1 500 man aan boord van Batavia af aan die Kaap geland. Hier het hy die 60 skipbreukelinge en die vrag van die Nieuw Haarlem opgepik, wat byna ‘n jaar lank aan die Kaap vertoef het. In sy geselskap was ook Jan van Riebeeck, maar hulle twee het nie gunstig oor die Kaap en sy inboorlinge getuig nie. Op 3 April het die vloot vertrek en op 9 Augustus in Amsterdam aangekom. Groot blydskap het geheers. Aan boord was ook Janszen en Proot, wat daardie jaar in beheer van die skipbreukelinge aan die Kaap was en wat op 26 Julie 1649 hulle gunstige verslag oor die Kaap se moontlikhede ingedien het. aka fak prof. dr. M.J. Swart

1806
Slag by Blouberg


‘n Sterk Britse troepemag onder genl.. D. Baird het die swak garnisoen van genl.. J.W. Janssens by Blouberg beslissend verslaan. Dit was die begin van die vestiging van ‘n Britse owerheid oor ‘n Hollandssprekende bevolking. Die militêre botsing was tegelyk ook simbool van die kultuurstryd tussen Boer en Brit deur baie dekades hierna. Deur middel van wetgewing, die onderwys en kerklike optrede, deur ekonomiese en politieke belemmering en heulery met bedreigers van die Afrikaners en deur middel van verleidings pogings van Afrikaners self, is probeer om Britse oorheersing te bevestig. Aka fak dr. C.M. Bakkes

1918
Stigting van die KWV

Chroniese oorproduksie en die ongeorganiseerde stand van die wynboere bring mee dat, deur die ywer van C.W.H. Kohler, die Ko-operatiewe Wijnbouers Vereniging van Zuid-Afrika, Beperkt geregistreer word. Hoofsaaklik as ‘n stabilisasiefaktor en deur bedryfsleiding, het dit bygedra tot die vooruitgang en welvaart van die wynprodusente. Aka fak G.J. Jooste

1 comment:

Bravolander said...

Hallo Tannie Roos,

Ek dink ons sal hierdie jaar 'n groot partytjie moet hou vir die KWV se 90ste verjaarsdag, ek dink ons begin oefen solank sommer by Majuba ;-)