1865
Genl. Chris Muller gebore
Christiaan Hendrik Muller, ook bekend as Ou Raaltjie, het sy geboorteland, die Kaapkolonie, as jong seun verlaat en hom eers in die Vrystaat en later in die Transvaal gevestig. Hy het sy eerste militêre ondervinding met die Jameson-inval opgedoen en het later ook aan die veldtog teen Mphephu, die Venda-opperhoof, deelgeneem. Hy het die Engelse Oorlog as ‘n korporaal begin. Maar het hom spoedig aan die Natalse front as leier onderskei. Nadat hy in Mei 1900 veldkornet geword het, het hy geveg bay Babsfontein, Donkerhoek, Olifantsfontein en Dalmanutha. Hy was al kommandant toe hy aan die slag by Renosterkop deelgeneem het, en nog voor die einde van 1900 het hy veggeneraal geword. Vroeg in die volgende jaar was hy betrokke by die slae van Helvetia en Monumentheuwel (Belfast). ‘n Wond wat hy in April 1901 opgedoen het, het hom nie lank van die slagveld gehou nie. Na die gevangeneming van genl.. Ben Viljoen in Januarie 1902 het hy hom as assistant-kmdt.-genl. Van die noordoostelike distrikte opgevolg. Hy het tot p die einde in die veld gebly en was ‘n afgevaardigde by die Vredeskonferensie op Vereeniging. Na die oorlog het hy ‘n belangrike rol gespeel as direkteur van die Landbank en as lid en later voorsitter van die Transvaalse Landsraad. In 1914 het hy gerebelleer, is hy swaar gewond en by Maloeskop gevang. Van 1920 tot 1926 het hy by Pretoria-Suid in die Volksraad verteenwoordig. Sy outobiografie Oorlogsherinneringe … het in 1938 verskyn. Hy is op 14 Januarie 1945 in Johannesburg oorlede.

Aka fak prof. dr. M.C. Van Zyl
1901
J.G.W. Jansen se teregstelling
Op hierdie dag is Johannes Gert Wolfaardt Jansen se vrou en vier kinders na ‘n konsentrasiekamp by Kimberley gebring. Hy is later gevang en weens diefstal van vier perde en koeëls van die Britse leër ter dood veroordeel. Sy vrou is nooit toegelaat om hom tydens die aanhouding te besoek nie. Sy het sy doodberig in ‘n koerant gelees wat, oopgevou op die plek waar die berig geplaas is, deur ‘n Britse soldaat voor haar kamp tent laat val is. In die paar uur tussen vonnis en teregstelling op 11 Oktober 1901 het Jansen aan sy vrou ‘n briefie geskryf, sy onskuld bely, haar iets oor hulle vee meegedeel, haar in Jesus Christus bemoedig en sy eie droefheid bevestig. Hy is opgehang, in 1929 opgegrawe en saam met drie ander Boere, wat ook destyds tereggestel is, in die Konsentrasiekampkerkhof by Vryburg herbegrawe. Die ander was N.C. Rautenbach en die twee welgestelde broers, Johannes en Hermanus Kühn. Die galg is destyds spesiaal gebou. Om seker te maak of hulle wel dood is, is hulle met ‘n baronet gesteek. Hulle flak grafte is deur medegevange burgers net buit die gevangenis muur gegrawe. In Oktober 1977 is die historiese tronkmuur se ingangs aansig en die Konsentrasiekampbegraafplaas deur die Vryburgse Afrikaanse Kultuurraad na opknapping tydens ‘n herdenkingsfees as gedenkwaardighede toegewy. Aka fak prof. dr. M.J. Swart

No comments:
Post a Comment