2007/12/04

Oktober 6

1864
Generaal Christiaan Botha word
gebore
Op hierdie dag is Christiaan Botha op Greytown, Natal gebore. As jonger broer van generaal Louis Botha, het hy in die Engelse Oorlog die stryd tot die einde volgehou. Met die uitbreek van die oorlog, sluit hy hom by die boere in Natal aan en neem onder meer deel aan die Slag by Colenso en na die val van Pretoria veg hy in Oos-Transvaal. Hy is teenwoordig by Vereeniging, waar oor vrede beraadslaag word, en hy sekondeer die voorstel tot ‘n vredesooreenkoms met die verlies van onafhanklikheid. Christiaan Botha is op 29 Oktober 1902 op Kokstad oorlede.
1955
Instelling van die FAK-Erepenning
Die Erepenning vir Volksdiens, wat die FAK se hoogste eretoekenning is, is op hierdie dag ingestel op grond van ‘n besluit van die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad, wat in daardie jare in die FAK-struktuur besluite van die aard kon neem. Met die Erepenning betoon die FAK op waardige wyse waardering en erkentlikheid teenoor mense of liggame wat “verdienstelike werk op die gebied van kultuurorganisasie en praktiese volksdiens gelewer het”. Die toekenning is in die vorm van ‘n vergulde penning met die FAK-wapen aan die een kant en ‘n paslike inskripsie aan die ander kant. Die FAK stel baie hoë eise vir die toekenning, en sedert die instelling daarvan is die Erepenning in die eerste twintig jaar van sy bestaan aan die volgende persone toegeken:1957 dr. D.F. Maan1961 dr S.H. Pellissier1962 kmdt. C.A. van Niekerk1964 staatspresident C.R. Swart1965 mev. M.E. Rothman1966 mnr I.M. Lombard1968 prof. dr. D.F. Malherbe1970 prof. dr. H.B. Thom1971 dr P.J. Meyer1974 mev. M.M. Jansen1977 dr M.S. Louw

No comments: