2007/12/04

November 3

1815
L.M. Thibault oorlede
Louis Michel Thibault, die eerste erkende argitek aan die Kaap, is in 1750 op Picquigny, naby Amiens, in Frankryk, gebore en het aan die Koninklike Akademie in Parys gestudeer. Daarna is hy in die militêre diens as ingenieur opgelei en in 1782 met sy regiment na die Kaap gestuur. Daar was hy vir dosyne militêre planne, opmetings en ontwerpe van geboue verantwoordelik. Toe hy in Kaapstad oorlede is, was hy Rooymeester of Stadsargitek van Kaapstad. Hy het die plaaslike, onontwikkelde boustyl geklee in die klassisisme waarin hy opgelei is en ‘n onuitwisbare stempel op die ontwikkeling van die Kaaps-Hollandse argitektuur afgedruk. Van die bekendste geboue wat aan hom toegeskryf word, is die Koopmans-De Wet-huis, Saasveld in Franschhoek, die wynkleder by Groot Constantia en die balkon van die Kat in die Kasteel.1904Gideon Fagan geboreWas die eerste Afrikaner wat ‘n professionele diregent in die buiteland geword het. Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1949, het hy die SAUK se tweede Hoof: Musiek geword – 1963-1966. Hy was ook ‘n komponis met verskeie Afrikaanse liedere op sy naam. In 1973 en 1976 het hy die Departement van Nasionale Opvoeding se toekenning vir komponiste ontvang.1906 Afrikaanse Taalvereniging (ATV) gestig.Jan Hendrik Hofmeyr de Waal het in 1903 redakteur van De Goede Hoop geword en sy lesers aangespoor om in Afrikaans te skryf. Ondanks teenstand uit verskeie oorde, het hy met die hulp van manne soos drr. A.I. Perold, D.F. du Toit Malherbe en D.F. Malan, wat pas uit die buiteland teruggekeer het, die taalstryd voortgesit. Op 3 November 1906 word die Afrikaanse Taalvereniging in Kaapland gestig. Die hoofdoel is om die gebruik van suiwer Afrikaans as spreek- en skryftaal aan te moedig en om meer iefde en waardering by die volk daarvoor op te wek. Die verenigin het baie geskryf, veral in De Goede Hoop en Ons Landstem. Verskeie takke is gestig en taalkongresse gehou waarop sake soos spellingsprobleme bespreek is. In 1908 word dr. D.F. Malan voorsitter van die Afrikaanse Taalvereniging en lewer hy sy bekende lesing Het is ons is ons ernst, waarin hy pleit om die erkenning van Afrikaans. Dr. Malan het ook samewerking tussen die Afrikaanse Taalvereniging en die Taalbond bepleit. Daardie samewerking is uiteindelik in 1909 bereik met die stigting van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

No comments: