2007/12/04

November 29

1789
Preekstoel van Anton Anreith in die Groote Kerk ingewy
Die kerkraad van die Groote Kerk in Kaapstad het in 1788 opdrag aan die bekende beeldhouer Anton Anreith gegee om ‘ nuwe kansel vir die kerkgebou te maak. Volgens oorlewering, is die eerste ontwerp met drie skrapsgeklede vrouefigure, wat “Geloof, Hoop en Liefde” sou voorstel, afgekeur, waarna die ontwerp van die huidige preekstoel goedgekeur is. Op 29 November 1789 het die heuglike dag van die inwyding aangebreek. Bo teen die kap van die preekstel is die vlgende opskrif aangebring: Deeze Predikstoel is onder het opzicht van den burger Ouderling Johan Coenraad Gie gemaakt en daar van de eerste Predicatie gedaan door den Outste Leeraar d Eerwaarde Heer Jan Petrus Serrurier den 29 November ANNO MDCCLXXXIX.” Die kansel rus op twee massiewe leeus, wat elk met een klou ‘n lowerkrans omhoog hou, terwyl die ander voorpoot op die boekrol van die Waarheid tussen hulle rus. Die anker wat voor die lessenaar hang, simboliseer die begrip “Hoop”. Die kansel, met sy pragtige houtsneewerk en sinnebeeldige voorstelling, dwing vandag nog die bewondering van elke besoeker aann die Groote Kerk af. Aka fak dr Celestine Pretorius1869Opening van die Teologies Skool van die Gereformeerde Kerk op BurgersdorpDie ontstaan van die gereformeerde Kerk in SA in 1859 was die vrug van ‘n krisis op kulturele, politieke, sosiale en godsdienstige gebied wat die geskiedenis teen die middel van die vorige eeu oorheers het. Tot 1864 is die hoop gekoester dat predikante uit die konserwatiewe Christelike Gereformeerde Kerk van Nederland, self die vrug van ‘n krises in 1834, bekom sou word. Toe slegs twee predikante na herhaalde beroepe gehoor gegee het, het die herderlose kerkraad van Burgersdorp by die Sinodes van 1866 en 1869 daarop aangedring dat daar ‘n skool opgerig moet word waar predikante en onderwysers opgelei kan word. Destyds was weining plattelandse Afrikaanse kinders op skool of langer as ses maande deur rondgaande onderwysers onderrig. Daar was weerstand teen die verengelsende en neutrale Koloniale staatskole. In die Republieke was feitlik nog geen skole nie. Ter wille van die behoud van die Gereformeerde en Afrikaanse identiteit, het die Sinode van 1869 die voorstel van Burgersdorp aanvaar waarin hulle beloof het om ‘n tweede predikant (ds. Jan Lion Cachet), naas ds. D. Postma, te beroep en te bekostig, sodat ‘n teologiese skool vir die opleiding van predikante en onderwysers opgerig kan word. So het onder belangstelling van afgevaardigdes uit die Republieke die skool feestelik van 26 tot 29 November sonder enige staatsteun tot stand gekom. Die mense het uit hulle karige bronne, met feitlik geen “studente” wat enige vooropleiding geniet het nie, die hand aan die ploeg geslaan vir die behoud van die Afrikaanse godsdiens en kultuur. Die geloofsdaad is dan ook geseën, sodat die Teologiese Skool van 1869 tot 1905 ‘n magtige faktor was in die Afrikaanse volkswording, omdat dit reeds besit was van en ‘n band tussen Afrikaners in drie afsonderlike state gelê het. Die roepingsbewustheid en wil om self te voorsien onder eenvoudige mense soos die kerkraad van Burgersdorp, het verseker dat die ontwikkeling van die gereformeerde Kerk in SA nie op die weg van “verhollandsing” nie, maar van “verafrikaansing”, sou voortgaan, soos net die toonaangewende rol wat studente en dosente van die skool in die Eerste en Tweede Afrikaanse Taalbeweging gespeel het, toon. aka fak Prof. dr. B Spoelstra
1894
Toon van den Heever gebore
Toon van den Heever was as ‘n “duister” digter bestempel en moes fel kritiek verduur vanweë sy individualistiese lewenshouding. Daarmee het hy egter die grondslag gelê vir die Dertigers.

No comments: