2008/10/04

Dankie

Aan almal wat my blog lees en almal wat eposte gestuur het om navraag te doen oor wat met 365Spore en Solder gebeur, baie dankie vir die belangstelling. Ek is reeds vir 'n geruime tyd ongesteld en moes in die hospitaal opgeneem word en is daarna tuis verpleeg. Ek is nou op die pad van herstel en hoop om so gou as moontlik weer tyd aan een van my groot liefdes (geskiedenis) te spandeer. Tot dan sal dit sekerlik nog maar stillerig hier rond wees en inskrywings beperk. Cassia is darem getrou op van die ander blogs en vir haar se ek ook baie dankie vir die hulp en ondersteuning, sy het al deel geword hulle. Nikita baie dankie vir jou belangstelling!! en al die beterskap wense van baie vriende wat ek in die kuberruimte leer ken het!!

1 comment:

Anonymous said...

Baie sterkte, Roosmaryn! Ek hoop jy kan gou terug wees en dat dit nie ernstig is nie!