2008/09/06

6 September 1966 : Dr. H.F. Verwoerd vermoor

Op hierdie datum is dr. H.F. Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika, in sy bank in die Volksraadsaal vermoor deur Demetrio Tsafendas, tydelike bode in die Volksraad. Dit was die eerste geslaagde sluipmoord op ‘n Suid-Afrikaanse staatsman en het land- en wêreldwye skok en verbystering meegebring. Dr. Verwoerd was op die toppunt van sy lewe as staatsman en het agting en aansien geniet ook by politieke teenstanders. Hy het pas met ‘n nuwe praktiese beleid van interstaatlike betrekkinge in Suider-Afrika begin en wou op hierdie dag vermoedelik aan die Volksraad verslag gedoen het oor ‘n persoonlike gesprek enkele dae tevore met premier Leabua Jonathan van Lesotho. Die sluipmoord het gebeur onderwyl die lede die Volksraadsaal binnegekom het vir die begin van die dag se verrigtinge.
aka fak JJvR



No comments: