2008/09/06

2.14 Namiddag



Dr. Verwoerd gaan sit allenig in sy bank.
Die klokkies lui nog.
Dr. Dönges stap agter die bode.


"Wat woel die kêrel so met sy klere?"
Hy wil hom net daaroor berispe.
Toe swaai die man by die sygang in en werp hom oor dr. Verwoerd se bank.

Dr. Verwoerd kyk op.
Hy glimlag.
Hy meen seker die man het net gestruikel.
Hy lig sy arm asof hy wil help.


Vier maal tref die dolk.
Dit is 2.14 namiddag.
Die klokkies lui.

No comments: