2008/09/01

1 September 1900 : ZAR deur Engeland geannekseer


Lord Roberts was van mening dat wanneer hy in besit van Pretoria, die Transvaalse hoofstad, sou wees die Republikeinse magte hulle aan Britse gesag sou onderwerp. Toe Roberts op 5 Junie 1900 Pretoria aan die spits van sy troepe ongehinderd binnegery het, het daar, anders as wat die Britte verwag het, geen versoek om onderwerping van Boerkant gekom nie en moes die oorlog dus voortgesit word. Sowat twee maande later het die slag by Dalmanutha in die laaste week van Augustus plaasgevind. In die waan dat hierdie vir die Boere verlore slag die einde van alle Boereweerstand sou beteken, het Roberts op hierdie dag die ZAR tot Britse gebied geproklameer. Vir die tweede keer in sy bestaan – die eerste was op 12 April 1877 – is die Boererepubliek ten noorde van die Vaalrivier tot Britse gebied verklaar. Op 3 September het die Transvaalse regering, wat hom in daardie stadium te Nelspruit bevind het, egter ‘n teen proklamasie uitgevaardig wat Roberts se proklamasie van nul en gener waarde verklaar het, en voorts dat die volk van die ZAR ‘n vrye en onafhanklike volk, wat weier om hom aan Britse gesag te onderwerp, is en bly. Roberts se proklamasie het die Britse regering nietemin in die geleentheid gestel om die ZAR voortaan nie meer as ‘n wettige oorlogvoerende party te beskou nie, maar om na die vegtende burgers as rebelle in die gewese Republiek te verwys. aka fak WAS

No comments: