2008/08/24

24 Augustus 1572 : Bartholomeüsnag of Bloedbruilof


Die Bartholomeüsnag of Bloedbruilof was in 1572, toe duisende Protestante in Parys byeengekom het om die huwelik van Magaretha van Valois met Hendrik van Bourbon te vier. Baie Franse Rooms-Katolieke het gevrees dat hierdie huwelik die Protestantse element in die land sou versterk. Daarom het hulle ‘n vrees veldtog begin en die koning Karel IX en sy moeder Catharina de Medici daarvan oortuig dat hulle lewens in gevaar is. Die Franse Roomse hoë lui het die straat skare tot moorde aangehits en Gaspard de Coligny as leier saam met
2 000 Hugenote, talle van hulle edelliede, vermoor. Die aanval het versprei en voortgeduur, sodat ongeveer 20 000 Protestante om die lewe gebring us. Baie duisende het uit die land gevlug, en die Protestante se lewe het onveilig geword. Een so ‘n persoon wat die land verlaat het, was Chretien de la Quellerie, die oupa van Maria de la Quellerie, die vrou van Jan van Riebeek. Aka fak MJS

No comments: