2008/07/18

1966 : Die uitspraak van die Internasionale Geregshof i.v.m. Suidwes-Afrika


‘n Belangrike baken in die hele stryd tussen Suid-Afrika en die Verenigde Volke is Ethiopië en Liberië se aanklag teen Suid-Afrika in 1960 in die Internasionale Geregshof oor sy mandaat oor Suidwes-Afrika. Suid-Afrika het hom suksesvol verweer, soos bewys deur die feit dat die applikante hul hoof klag gewysig het, en dat die uitspraak van die hof ten gunste van Suid-Afrika was. Die hof kom naamlik tot die bevinding dat individuele lede van die Volkebond nie die bevoegdheid gehad het om ‘n mandataris in die hof aan te spreek oor die uitvoering van sy mandaat verpligtings nie. Toesighouding het by die Volke bondsraad berus en is deur sy organe uitgeoefen – die wil van die mandataris moes ook telkens in ag geneem word. Die hof kom dus tot die gevolgtrekking dat die applikante geen reg het, of regsgeldige belang het, om Suid-Afrika ‘n verhoor te laat ondergaan nie, en hy ag hom in die omstandighede ook nie verplig om uitspraak te lewer oor die bestaan van die mandaat, al dan nie, of ander vrae nie. Die Verenigde Volke het hom geensins hier in berus nie, soos bewys is deur sy besluit om Suid-Afrika se teenwoordigheid in die gebied onwettig te verklaar (1969), en die Veiligheidsraad se besluit om vêrdere samesprekings op te skort (1973), ondanks positiewe onderhandelings tussen dr. Kurt Waldheim en dr. Alfred Escher met Suid-Afrika. Die druk op Suid-Afrika ten gunste van ‘n oorgawe of gehoor gee aan die eise van revolusionêre magte in die gebied neem toe, selfverwesenliking en onafhanklikheid. Aka fak C.J.v.Z

No comments: